DIY

Doen dit jouself

Facebook

Facebook

Algemene Veeldoelige PVA PDF Print E-mail

Algement Veeldoelige PVA

Geskryf deur Sulensa Vermeulen - Vermillian Akriliese PVA is n wit vinnige penetrerende hoe kwaliteit water basus onderlaag verf. Die veeldoellige verf is van hoogstaande Akriel gemaak en verseker elastisiteit wat teen aardsverskeiwing werk. Oppervlaktes wat met PVA behandel word   gaan deur daaglikse inkrimping en uitseting kragte van die oppervlak wat geverf word gepaard. Die muur word warm deur die dag     en koel dan weer af, wat vereis dat die oppervlak met n elastise verf behandel word, maar wat tog wel ook vullers moet bevat om invulling van die droe substraat te verseker. Die oppervlakte is verskriklik poruees en moet gevul word met n vuller om maksimum gepenetreer te word.

  

Die vuller verseker dat u rande gerek word voor u Dubbel Vaniel oor aanwend. GP is geken aan sy uitstaande hou vermoe wat tot 7jaar plus is, en die produk is van hoogstaande gehalte akriel en NANT Tegnologie gemikaliee gemaak. Vermillian GP is n byna reuklose akrilise PVA verf, wat vervaardig is vir die gebruik op binne en buite muur oppervlaktes, plafonne en gepleisterde of nut geboude oppervlaktes wat ouer as 4 weke is. Die produk kan oor ou gepleisterde ongeverfde mure aangewend word. Die produk   word aangewend waar n lang lewens verwagting vereis word. Vermillian GP PVA se molukulere struktuur werk baie soos pap wat     in n pot gemeng word, die pigment (stysel) absorbeet water en swell uit sodra vogtigheid met chemikaliee in die muur in penetreer     dit is hoe die vuller in die muur in trek en die pleister binne afvul sodat u die finale lag verf kan aanwend. Die uitgeswelde Akrilise     film seel die buite laag af wat dadelik sigbaar is. Die produk kan ook as n finale laag aan gewend, en so rande spaar met onodige     duur verf wat in die muur intrek.  Die uitstaande produk dra ook al die reeds bekende eienskappe wat in al Vermillian Verf se     produkte vermeng is; naamlik isolerend eienskappe, UV bestande gemikaliee wat reflekterend is, werk teen Bakteriee, Alge, Chemikaliee, soute en sure. Die beskerming en lewens verwagting van u struktuur word verseker deur die regte aanwendings   metodes. Verseel in eerste laag. Dien as n invullings laag wat geld spaar en finale laag wat penetrasie verminder met opvolg lae     verf, bedoelende dat u geld, verf en arbeid spaar.

   
Die produk staan ook bekend as PVA of onderlaag. Die produk kan slegs op rou mure aangewend word maar kan ook as n finale     laag verf gebruik word waar verhuring van toepasing is. Dit werk die klient goedkoper uit om PVA aan te wend as finale lag verf,    en kan net oor geverf word sodra die nuwe huurders wil intrek.
Die PVA kan ook gekleur word na die selfde basis kleur verf as wat vir die finale lag verf gebruik gaan word, sodoende spaar die   klient geld met n onodige derde lag duur verf. Dit help baie dat die basis reeds dieselfde kleur as die finaal is.
PVA staan vir Polie Vaniel Akriel.

1973976105u_0m1.jpg - 2.69 Kb images8.jpg - 2.11 Kb images73.jpg - 2.81 Kb images6.jpg - 2.87 Kb

PRODUK GEBRUIKE


• Binne en buite huise oppervlaktes: onderlaag vir asbes oppervlaktes, rou en geverfde mure, nuut geboude oppervlaktes ouer as 4 weke,ongeverfde  pleister, alle plafonne.
• Rhinolited oppervlaktes wat vooraf behandel is met Vermillian Bonding Liquid.
• Dekoratiewe plafonne en cornices.

EIENSKAPPE


• Twee lae verf wat aan gewendword  in n eerste horisontale onderlaag, en dan in n  vertikale 2de lag.
• Wend aan met n skaapvel roller wat ook teen spatting met aanwending verseker.
• Suiwer spier wit in kleur wat ookver kleur baar is.
• N briljante matt afwerking.
• Byna reuklose Akrilise verf.
• 12 ure droging weens hoe penetrasie eienskappe.
• Bied vuller eienskappe om in te trek in die oppervlakte en sooende die substraat versadig te maak.
• Bevat gemikalie wat NANO Tegnologie eienskappe soos isoleerder en reflekteerders bevat, UV bestand en laat vog deur.
• Produk is mikriskopies klein om maksimum pentrasie en invulling te verseker in die droe porueese oppervlak.
• Die produk bevat akriel, en bestaan nie soos ander produkte net uit kalk nie, die produkte wat net uit kalk bestaan word lime       wash genoem, en die gekenne ou kaapse huisies word hiermee geverf of sport velde wat gekenne is aan die wit poeier wat hy    afgee. Sodra die kalk aangewend word op die rou oppervlak, trek dit in maar was en vee dadelik af na aanwending en droging.
•  Dit is nie reg om die produk aan te wend oor die oppervlakte nie, weens die feit dat die verf Akriel nodig het om te verseker         dat die verf op die oppervlakte hou en nie afpoeier na reen of as daar aan dit gevat word nie.
• PVA moet altyd Akriel bevat, as dit nie akriel in het nie, veroorsaak dit dat die verf wat oor die PVA aangewend word afdop.
•  Die afdop word veroorsaak deur die poeier wat los op die substraat le en die verf wat oor aangewend is, het geen plek om in te   trek of op vas te klou nie.
• Dit is die akriel wat verseker dat die nuwe lag verf vasklou.
• Akriel is soos plastiek wat rekbaar is, en as die selfde basus oor dit aangewend word, trek dit in mekaar vas.
• Vermillian Verf is die enigste maatskappy wat NANO Tegnologie in hul verf het en een van ons revoplusionere eienskappe van     ons verf is, dat die verf lae in mekaar vas brand.
• Dit is baie belangrik dat u altyd eers seker maak sodra u klient wil verf dat u seker is dat daar nie n kalk op die oppervlak   aangewend is nie, vra altyd of die oppervlak poeier afgee as oor dit gevryf word.
• In die geval waar daar kalk op die oppervlakte is, moet die kalk heeltemal verwyder word met skrop borsels, staalborsels, skuurpapier en dan goed skoon gewas word met n growwe besem en water.
• Die tuinslang kan aan die besem vas geklamp word bo en onder waar die tuinslang se lippie oor die punt van die besem hang.
• Dit verseker soos jy skrop dat die water die kalk wegspoel.
• Alle kalk moet verwyder word. In die geval waar al die kalk nie heeltemal verwyder kon word nie, kan Distemper Neutralizer aangewend word.
• Dit word van bo na onder horisontaal aangewend om maksimum penetrasie te verseker.
• Maak seker dat die produk dinner as water bly en dat die produk stadig met n skaapvel roller aangewend word om goed in te       trek. Druk dan ook die roller om maksimum penetrasie te verseker.
• Wend twee tot drie lae aan binne 12 ure, laat goed droog word vir twee tot drie dae.
• Geen PVA mag hieroor aangewend word nie. Net Dubbel Vaniel kan aangewend word en ook net n finale basis verf.
• Die Distemper Neutralizer dien as die onderlaag wat invul en penetreer.
• U kan gerus meer oor Distemper Neutralizer lees in die boek verder onder die naam van die produk.
• Moet asseblief nie Bonding Liquid gebruik nie, die produk bevat olie en is n Terpentine basis, soos ons die olie lanoline reeds    bespreek het, sal die oppervlak te glad wees, bonding liquid se afwerking is glans, en die verf wat oor dit aangewend word sal      afdop na n tydjie.
• Dit is ou tegnologie en hoe hul in die ou dae gemaak het. ons het ook n waterbasis Bonding Liquid wat beter as die Terpentine      basis sal wer, maar hy is ook steeds glans as hy droog is, en dit is onvoldoende in die geval waar n rou oppervlak geverf word.
•  Ons het immers met kalk te doenne, en dit is die hoof oorsaak hoekom mure afdop. Verf asseblief n stukkie meer met die       bonding Liquid en kyk na sy afwerking.
• Ons is op NANO Tegnologie gebaseer en n beter produk is Distemper Neutralizer wat grof is en die verf wat oor dit aangewend   word brand in dit vas.
• Dit verseker dat die verf nie afdop nie. Maak seker dat die klient weet hoe om met Distemper Neutralizer te werk en hoe om dit    aan te wend en wat om daarna aan te wend.

images71.jpg - 1.99 Kb images22.jpg - 1.59 Kb images63.jpg - 2.30 Kb ca4juvqo.jpg - 2.98 Kb


GEBRUIKS VOORDELE


• Vergemaklik en bespoedig arbeid  waar tyd n kwessie is.
• Vermorsing van verf word uit geskakel, waar produk minder as ander verf produkte spat.
• N pragtige matt voorkoms word na gelaat wat ongeluikhede verbloem.
• Haarkrake word opgevul en wind barste verseel vinnig op nuut geboude, gepleisterde oppervlaktes en plafonne.
• Produk is aangenaam om mee te werk, waar penetrasie en invulling dadelik geskied soos verf aangewend word.
• Toerusting kan dadelik met water skoon gemaak word, wat ook omgewings vriendelik is.
•  Pragtige elegante vluweel sagte matt afwerking.
•  UV bestand, met isolerende eienskappe en reflekterende faktore.
• Kan verkleur word na byna enige pastel of ligte kleur.
• Die produk bied n egalige deking vermoe,en het n buigbare Akriliese Resin wat n waterbasus is, wat werp teen   Alge, Sure, gemikaliee en soute, en is ook Alkalies bestand.
• Wasbaar, was maklik en vinnig skoon (gebruik groen skottelgoed wasseep soos reeds verduidelik is).
• Uitstaande binne en buite houvermoe, die produk sal nie degredeer as dit nat word nie.
• Ongelooflikke invulling en bindings eienskappe tussen rou en nuwwe gepleisterde oppervlaktes.
• wend 2 tot 3 lae verf aan, die eerste in horisontale lyne, waar die 2de in vertikale lyne aangewend word. 12 ure droging per laag word vereis.

PRODUK INLIGTING  
Standard kleure: spier wit, kleur baar Verpakking: 5L en 20L oppervlak dekking: 5m2/l

PRODUK AANWENDING  
• Alle oppervlaktes moet 100% skoon, behandeld en droog wees voor aanwending van verf.
• Alle stof en verpoeiring moet af gewas word met n witwas borsel en water, droging van 6 ure is belangrik.
• Alle krake en oneweredige oppervlaktes moet met POWAFIX/PLASTERSKIM produkte gevul en behandel word.
• Skuur binne 3 ure gelyk en wend 1 laag Bonding Liquid aan, laat 24 uur droging toe.
• Volg instruksies soos aangewys, voorgestel of aangevra.
• Roer deuglik voor gebruik, hou buite bereik van kinders en weg van sonlik, diere en Alge.
• Wend Vermillian Algemene veeldoellige PVA egalig aan met n hoegehalte kwas, en Skaapvel roller aan.
• Om n egalige film lag verf te verseker moet oormatige dik en oortollige hoeveelhede verf vermeil word, vermeil aanhoudende       oor aanwending, wend eenmalige en gelyke lae verf aan.
• MOET ASB nie terug keer en oor reeds geverfde nat verf verf nie.
• Waar herhaalende verf die densiteit sal verminder wat 12 uur droging vereis.
• Twee of meer lae word aan bevel met 12 uur droging per lag, om egalige en dekkende eiendresultate te verseker.
• Maak toerusting dadelik skoon met water.

 

Branches

Gezina 1

Tel: +27 (012) 329 0101

 

Elardus Park

Tel: +27 (012) 345 4273


Pretoria Wes

Tel: +27 (012) 327 2972

 

Eloffsdal

Tel: +27 (012) 335 0330

 

Pretoria Noord

Tel: +27 (012) 546 3350

 

Bon Accord

Tel: +27 (087) 830 2257

 

Gezina 2

Tel: +27 (012) 335 5446

 

Abu Dhabi

Tel: +97 (150) 671 0254

 

Viljoenskroon

Tel: +27 (081) 467 2189

 

Blackberry Barcode

BBM