Getuies vir Vermillian Verf

Vervaardiger van probleem oplossings verwe

Manufacturer of problem solving paints

Frans Kasselman

Viljoenskroon Vrystaat

“Verust is ’n wonderlike produk om te gebruik, Jy hoef nie ure lank af te skuur en glad te maak nie. Gebruik net ’n staalborsel om skoon te maak en verf dan die Verust op. Dit werk goed, selfs op growwe oppervlaktes.”

John Westerink

Hunters Rise Varkboerdery

“Vir die eerste keer kan ons nou voorbly in die stryd teen roes.” 

 

"Verskeie ander produkte het niks gehelp nie, maar Vermillian se Verust het die roes summier stopgesit."

Kobus Victor

Keibees Varkboerdery

"Baie tevrede met die produk tot dusver en beveel dit graag aan. Die houers moet net goed geskud word en ons het ondervind dat die beste is om dit met die hand met ’n kwas aan te verf en nie ’n roller nie.”

Leon v.d Berg

Apex Industries

"Ons het Verust aan die motorbedryf se gevreesde 360 uur soutspuit blootgestel en kon geen teken van oppervlakkige roes, roes tussen die staal en Verust of roesveroosaakde blase vind nie. Die afwerking wat Verust bied lyk ook baie goed, die materiaal is na aanwending so glad as wat die voorbereiding van die oppervlak was.”

Alec Gossayn (Edms) Bpk

Alec Gossayn (Edms) Bpk

“Solar Aircon maak werklik ’n verskil van ses tot tien grade Celsius in die temperatuur,” 

Reyno Snyman

Taaiboschbult

“Vermillian se emaljeverf bedek enige oppervlak met minder lae as die beste ander verf. Dit is rekbaar, sukkel nie lank om droog te word nie en jy sien sommer dis ’n duursame verf.” 

Dillan Westerink

Vrystaat

“Dis lekker om die beste produk te kan gebruik en te kan bemark,” 

Jacques Havenga

"Graag wil ek vir jou dankie se vir die goeie produk/verf “Rust Stop Pro” wat ons by jou koop. Die bedekking van die verf is baie goed, nie nodig om meer as 1 laag te verf nie. Stop roes met minimale voorbereiding van oppervlakte. Ek sal die verf vir enige een aanbeveel, veral in swaar diens aanwendings en uiterste suur probleme. Bv. Hoenderhokke soos by ons die geval."

Theuns Duvenhage

Hanover, Noord Kaap

“Rust Stop Pro wend maklik aan en kan ook aan-gespuit-verf word. Na die behandeling was die oppervlak glad en kon ek oor dit verf. Ek is tevrede en dit skep vinnig 'n goeie oppervlak om teen te kan verf” 

Vincent Kruger

Renovation Guys Klerksdorp - N.W.P

“I’ve been a contractor for over 30 years, used Rust Stop Pro on all my zinc roofs with great success. The only product that I will recommend to anyone.”

J.P

De Aar, Noordkaap

“Ek het Rust Stop Pro verf gebruik en dit is 'n uitstekende produk, selfs teen die son van die Noord Kaap"

Gerrit v.d Merwe

Philipstown, Noord Kaap

“Verust is 'n Awesome produk om te gebruik vir roes bestryding, net een laag is nodig. Ons verf alles wat staal is hier by ons in Philipstown ”