
Magic Velvet
Universal Undercoat Mat Enamel
Geskryf deur Sulensa Vermeulen - Vermillian Magic Velvet is n uitstaande gehalte Turpentine basis vluweel afwerkende mat verf, wat tenvolle wasbaar en vlek bestand is. Magic Velvet het uitstekende hou vermoe van meer as 10 jaar plus. Die egalige afwerking bied uitstaande binding eienskappe vir binne huis gebruik betekende dat dit oor n glans oppervlak of n mat oppervlak aangewend kan word wat emalje of water basis is.

Vuilighede vee maklik en vinnig af met n nat skoon lap, waar geen merke na gelaat word nie. Die produk word gebruik by hoe verkeer areas soos kinder kamers, badkamers,kombuise, plafonne wat baie stoom kry en in gange. Die gevorderde vlek bestande formulasie verseker dat hardnekkige merke nie die emulsie laag penetreer en vlekke voortbring nie. Magic Velvet verseker n vluweel sagte afwerking wat jare sal hou.Ideaal vir die hardnekkige water vlekke op plafonne en vergeel nie met tyd nie.

Die produk kom standard in wit voor en kan na enige pastel kleure verkleur word. Die produk is ideal vir die gebruik op plafonne, in kombuise, badkamers en op mure waar ook as verseelende onderlaag gebruik kan word beter bekend as n universal undercoat. Ander benamings vir die produk is onder meer, universal undercoat, matt enamel of eggshall enamel. Hul kom altyd in wit voor. Vermillian Eierdop Emalje is n eierdop afwerking wat van hoogstaande gehalte is. Die produk dien as n Universeele onderlaag wat binne en buite gebruik kan word. Die onderlaag is n turpentyn basis wat onder n finale laag emalje of waterbasis verf aan gewend word. Die produk word ook aan beveel as onderlaag en finale bindings laag waar badkamer en kombuis teels geverf sal word. Saam gekompakteerde hout en melamine kaste kan ook geverf word met die produk.

PRODUK GEBRUIKE
Binne opperflaktes: kaste, deure, tafels, mure, plafonne, binne venster rame en deur rame. Gebruik op: mure, plafonne en hout.
EIENSKAPPE

Die produk is vlek bestand, hoogs en tenvolle wasbaar met n skoon skrop lappie of groen spons pot skuurdertjie, drip vry (stoor binnes huis, op koue vloer oor nag voor dat u met die produk begin verf), hou altyd die produk op die vloer in die koelte om te verseker dat die maksimum resultate bereik word ten opsigte van dripvryheid, vluweel sagte afwerking, ongelooflike hoe lewensverwagting 10 jaar plus, kleur vas betekende dat die kleur nie sal verdof, vergeel of bleik nie, kan slegs binneshuis of binnes muurs gebruik word behalwe as die produk as n universieele onderlaag buite gebruik gaan word,soos op fasias en geute.

Lae dampe met die terpentine basis, vogtigheids weerstandigheid betekende dat die produk nie poruees is en vloeistowwe of vog in kan trek nie of deur sal laat nie, hou vogtingheid na buite om net af gevee te word met n skoon lap soos stoom en olie suiwer elastiese resin wat rekbaar is en verseker dat u verf verder gaan om deking te verseker, turpentine-basis, Alge, bakteriee, sout en suur weerstandig, water werend, verseel water vlekke op plafonne en mure, ongelooflike deking en verspreiding van filamentise laag verf (coverage), 24 uur droging per laag, universieele onderlaag gebruik op plafon aluminium spykers en inlegsel stroke van nuwe of ou plafonne wat van te vore nie geverf is nie, dien as binding laag waar Glans Emalje na n water basus verander moet word, waar die huidege verf glans emalje is en die verlangde afwerking n matt water basus moet wees word die produk gebruik om die binding tussen die lae te verseker sonder om af te dop, n mat eierdop afwerking in wit.

GEBRUIK
Ideaal vir die gebruik op kombuis mure, kaste en plafonne, in badkamers op die mure, teels en plafonne, in kinder kamers waar n hoogs wasbare afwerking vereis word, binne die huis op mure, alluminium, hout en melamine kaste en waar afronding werk binne huis gedoen word soos skop plaatjies en dido rails. Dien as universieele onderlaag vir buite verf behoeftes maar kan nie net so buite gebruik word nie. Maklik en bekostigbaar om te onderhou. Duursaam met n lang lewensverwagting. Die perfekte kleur vir enige dekoratiewwe behoeftes en hoogs vlek bestand.
PRODUK INLIGTING
verpakking: 1lieter 5lieter & 20lieter. Standaard kleure: wit kleur lysting: XLMV reeks oppervlak dekking: 5m²/L

PRODUK AANWENDING
• Alle oppervlaktes moet 100% skoon, behandeld en droog wees voor aanwending van verf. • Alle krake en oneweredige oppervlaktes moet met VERMILLIAN KRAAKVULLER produkte gevul en behandel word. • Skuur KRAAKVULLER binne 3 ure gelyk en wend 1 laag Bonding Liquid aan, laat 24 uur droging toe. • Volg instruksies soos aangewys, voorgestel of aangevra. • Laat Magic Velvet oornag op n koue vloer staan voor gebruik. • Roer Magic Velvet deuglik deur voor gebruik. • Hou buite bereik van kinders en weg van sonlig, diere en Alge, die produk is n Terpintine basus wat giftig is en wat onnodig kan verdamp in oormatige blootsteling van sonlig. • Wend Magic Velvet egalig aan met n hoegehalte swart handvatsel kwas, en Emalje pienk roller(kort bokhaar). • Om n egalige film laag verf te verseker moet oormatige dik en oortollige hoeveelhede verf vermei word, vermei aanhoudende oor aanwending, wend eenmalige en gelyke lae verf aan. • Die verf word eers horisontaal geverf, gelaat om 24 uur te droog en dan word n vertikale laag verf aangewend waar weer 24 uur droging toegelaat word. • Drie lae verf is voldoende met 24 uur droging tussen elke laag verf. • MOET ASB nie terug keer en oor reeds geverfde nat verf verf, wat nie n droging van 24 uur toegelaat is nie. • Herhaalende lae verf sal die densiteit verminder wat nie 24 uur droging toegelaat is nie. • Twee of meer lae word aan bevel met 24 uur droging per laag, om egalige en dekkende eiendresultate te verseker. • Maak toerusting skoon met Turpentine. • Die produk staan onder verskeie name bekend, onderandere, universal undercoat, eggshall enamel en matt enamel. • Die produk kan nie in sonlig aangewend word nie. Betekende dat dit nie buite gebruik mag word as n finale laag verf nie. • Sonlig vergeel die produk en veroorsaak dat die produk vinnig verweer. • Die produk is getoets en 25 000 skroppe bestand. • Die produk is ideal om aan te hou vir restorasie werk op ou en antieke meubels wat geverf gaan word. • Die antieke meubels se hout sal nie beskadig of uit droog weens die terpintine wat die produk se basus vorm en voeding bied vir die substraat.

• INLIGTING STUKKIE:
• Terpintine is n solvent basis wat lanoline bevat, die lanoline is n olie wat van skaap velle gedekstreer (ontrek) word en so word al ons rome wat on op onself aanwend van gemaak, lanoline lyk soos vasiline maar net geeler. • Die olie word in die terpintine ingemeng en verseker dat die produk nie gou droog word en evaporeer nie. • Dit keer ook dat die produk nie vog deur laat nie. Lanoline seel dan ook jou vel af en keer dat onnodige skadelike chemikaliee nie deur jou vel opgeneem word nie. • Dit is altyd veiliger om jou hande skoon te maak met terpintine in plaas van n thinners basis, want die thinners basis het nie die lanoline in nie. Thinners breek die olie in lanoline op en laat vinnige verdamping toe wat tot vel kanker en loodvergiftiging kan lei. • Dit is altyd n goeie idée om met handskoenne te verf of om jou hande en arms met room te smeer voor dat u begin verf om vinnige reiniging en verwydering van ou verf op u vel te verseker en ook te verseker dat daar nie onnodige gifstowwe in jou vel in trek nie.
Gooi altyd verf uit in n verfpan wat binne in n inkopie sak is. Sodra u klaar geverf het kan u die oortollige verf uitwerp sonder om u hande vuil te maak en die sal weggooi. So doende behou u n nuwe verfpan na al die werk gedoen is!
Dit is boonop maklik om met n weie verskeidenheid kleure dan ook nou op n slag te verf!
|